Skoolfonds
Die skool poog om skoolgelde so laag moontlik te hou, sonder om die skool se selfstandigheid of onderrigstandaarde in gedrang te bring. Skoolgeld word deur die ouervergadering in November vasgestel vir die daaropvolgende jaar. Finalisering van skoolgelde vind in Januarie/Februarie plaas met inagneming van die begroting vir die huidige boekjaar.
Die skoolgeld word jaarliks hersien en word bepaal deur die aantal kinders sowel as die uitgawes verbonde aan die skool.
Matrikulante wat die Nasionale Senior sertifikaateksamen aflê, betaal ‘n eksamenfooi aan die instansie wat die eksamen afneem. Hierdie fooi word jaarliks vasgestel.
Intreegelde word eenmalig met die aansluiting van ‘n gesin by die skool betaal. Hierdie gelde word aangewend vir die befondsing van kapitale uitgawes of te wel die daarstelling van fasiliteite (terrein, geboue, toerusting). Die huidige bedrag vir intreegelde kan by die Maatskappysekretaris verkry word.
Invorderingsbeleid
Skoolgelde moet tydig vereffen word, by wyse van debietorders of vooruitbetalings. In gevalle van omstandighede buite ouers se beheer, moet onmiddellik met die skool in verbinding getree word – verkieslik per brief aan die Direksie. Agterstallige rekenings waarvoor nie betyds alternatiewe reëlings getref word nie, sal na 60 dae aan prokureurs oorhandig word vir invordering. Invorderingskoste is vir die rekening van die betrokke ouer en rente word maandeliks op agterstallige rekenings gehef. ‘n Ouer wie se finansiële verpligtinge nie nagekom word nie, verbeur sy stemreg tot tyd en wyl dit reggestel is.
Boeke, toebehore en skoolklere
Ouers is verantwoordelik vir die aankoop van boeke, handboeke, BCVO handboeke, toebehore, persoonlike toerusting en skoolklere.
Bepalings en voorwaardes
-
Dagfooi opsie vir Voorskool (kontak kantoor)
-
Halfdag opsie vir Voorskool onderhewig aan beskikbaarheid (kontak kantoor)
-
Intree bedrag en bedryfsfooie (voorskool) is jaarliks vooruit betaalbaar
-
Skoolgeld betaalbaar in 12 paaiemente (Jan – Des)
-
Intreebedrag word vir oudste kind in gesin bereken
-
Volle maand skoolfonds betaalbaar indien daar nie ‘n maand kennis gegee word nie
* Jaarlikse skoolgeld is betaalbaar in 12 gelyke maandelikse paaiemente (Januarie – Desember).
Skoolgeld (2023)
Voorskool
(halfdag)
R2281
Voorskool
(voldag)
R 2985
Naskool
per maand
R998
Intreegeld – L/S eenmalig
R1650
Intreegeld – H/S eenmalig
R3300
Intreegeld K/S eenmaalig
R900
Graad R-3
per maand
R2619
Graad 4-9
per maand
R3125
Graad 10-12
per maand
R4087