Kultuur
‘n Verskeidenheid kultuuraktiwiteite word deur die loop van die jaar aangebied om kinders die geleentheid te bied om binne en buite skoolure kultuur te skep en uit te leef. Geleenthede vir individuele- en groepsdeelname word geskep, deur byvoorbeeld skoolaande, kunsfeeste, boeredae, koorsang, debatte, redenaars, revue, operette en/of toneelaande. Die skool skakel ook in by streek- en landswye kunsfeeste en kultuurfeeste wat elke jaar vir CVO-skole onder beskerming van die BCVO-kultuurraad gereĆ«l word en presteer ook hier besonder goed.
