Kleuterskool
Die skool het ‘n goed toegerusde kleuterskool met bekwame en ervare onderwyspersoneel en assistente.
Vir die 18 tot 36 maande ouderdom kleintjies is daar die Verkleurmannetjieklas waar daar suutjies getrap word by juffrou Ansie.
Die groter kinders van 3 tot 5 jaar word in die Uiltjieklas deur juffrou Santie onder haar vlerk geneem.
Elke klassie volg ‘n dagprogram en uitgesoekte temas wat oor 2 weke strek word gebruik. Natuurlik is daar voldoende spasie en speelgoed vir heerlike en leersame buitespel. Kleuterkaperjolle is ‘n kleuterskool waar peuters en kleuters kreatief kan speel en ontdek.
Halfdag (07:00 tot 14:00), Voldag (07:00 tot 17:30)




