Wie is ons? Afdruk

 

CVO Pretoria is 'n onafhanklike skool met die volgende kenmerkende eienskappe:

OUERBESIT Die skool word onafhanklik van die staat, en ten volle deur die ouergemeenskap self, bestuur.
GEVESTIG CVO Skool Pretoria bestaan uit ‘n volwaardige laerskool en hoërskool (Graad 0 tot Matriek) wat op dieselfde terrein gehuisves word. Die skool besit sy eie terrein en het reeds sy eie infrastruktuur gevestig.
SELFSTANDIG Die ouergemeenskap is steeds besig met die uitbou en verbetering van die terrein en fasiliteite en is self verantwoordelik vir die instandhouding daarvan. Matrikulante het in 1995 en 1996 die openbare matriek-eindeksamen suksesvol afgelê. Sedert 1997 word die BCVO-Eksamenraad se eie Senior Sertifikaat-eksamen afgeneem, en deur UMALUSI geakkrediteer.
TOEGANKLIK CVO Skool Pretoria is geleë in Lynnwoodweg, Pretoria, ongeveer 4 km oos van Hans Strijdomweg, naby die N4-snelweg.
BEKOSTIGBAAR Skoolgeld is bekostigbaar. Tariewe word so laag moontlik gehou, sonder om die selfstandige voortbestaan van die skool in gedrang te bring. (Daar bestaan ook 'n Beursfonds wat in verdienstelike gevalle, 'n bydrae kan maak tot ’n deel van die skoolgeld.)

Ons bied aan Afrikanerkinders die geleentheid om hoë gehalte skoolopleiding te ontvang in ‘n unieke Christelik-Calvinisties-Protestantse atmosfeer.

As jy en jou gesin ons grondslag, strewe en oogmerke onderskryf, nooi ons julle vriendelik uit om by ons te kom aansluit ter wille van jou kinders se opvoeding. Skakel die Maatskappybestuurder, Skoolhoof of die Direksie vir meer inligting.


Adres van die Maatskappybestuurder en Direksie: Tel:
CVO SKOOL Pretoria
Posbus 75385
Lynnwoodrif
0040
012 809-0127
012 809-0976

E-pos adres: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Internet adres: www.cvopta.co.za

Faks: [088012 80 90 127]