| Sport Aktiwiteite |
|
|
By CVO Skool Pretoria word voorsiening gemaak vir die volgende sport aktiwiteite (Sport dagboek): ATLETIEK Huissport vind vroeg in die eerste kwartaal plaas. Die leerlinge, van Graad 00 tot Graad 12, word in twee spanne ingedeel en kompeteer teen mekaar in naellope, middelafstande, verspring, hoogspring, gewigstoot en spiesgooi. Volgens prestasie kan atlete aan die Sentraal-Transvaal Streeksbyeenkoms deelneem om te kwalifiseer vir die Sentraal-Transvaal Atletiekspan.
BCVO Paardekraal Atletiekbyeenkoms Atlete van alle CVO Skole kan, namens hulle skool, hier deelneem. Die byeenkoms word gewoonlik gedurende Februarie in die Ruimsig Stadion, Roodepoort, aangebied.
BCVO Landswye Atletiekbyeenkoms By die BCVO Landswye Atletiekbyeenkoms kompeteer atlete in Streeksverband. Punte per item word toegeken volgens die Absa-tabel. Prestasies bo 850 Absa-punte word beloon met BCVO erekleure.
WINTERSPORT Leerders kan deelneem aan Netbal en Rugby. Die Groot Skole Byeenkoms word elke jaar aangebied, waar 4 groot CVO Skole teen mekaar kompeteer. BCVO-Winterspele. Streekspanne neem hier teen mekaar deel. 'n O/13 en O/19 BCVO - Nasionale Span word bekend gemaak met die afsluiting van die Winterspele vir beide Rugby en Netbal. Dié spelers word beloon met BCVO erekleure. Vanaf 2010 sal leerders van alle CVO skole kan deelneem aan die BCVO rugby en netbal proewe in die volgende ouderdomsgroepe: O/13, O/14, O/16 en O/19. Die spanne wat na hierdie proewe gekies word, sal as BCVO-span, aan die jaarlikse AVS Bokkieweek kan deelneem.
LANDLOOP Deur uitdunning word vir Landloop 'n Sentraal-Transvaal Streekspan saamgestel. Die BCVO Landswye Landloop byeenkoms vind aan die einde van die derde kwartaal plaas.
KRIEKET Die Landswye BCVO Krieket byeenkoms tussen die verskillende Streekspanne vind aan die einde van die derde kwartaal plaas.
TENNIS Die Landswye BCVO Tennis byeenkoms tussen die verskillende Streekspanne vind vroeg in die vierde kwartaal plaas.
|


