| Prospektus - Taak en Opdrag van ons skool |
|
|
Ons skool se taak is om 'n uitnemende en bekostigbare opvoedingsdiens met die handhawing van ons unieke godsdienstige en volkseie karakter aan verbondsouers en -kinders wat Afrikaners is, te lewer. Met die genade van Bo en in verantwoordelikheid teenoor God en ons ouergemeenskap sal ons deur ondernemende benaderings, uitnemende bestuur en effektiewe benutting van al die hulpbronne wat tot ons beskikking is en gestel word, in ons strewe volhard. STRATEGIE, STREWE EN MEESTERPLANDie CVO-Skool se ouergemeenskap word aktief betrek in die daarstelling, hersiening en deurvoering van planne ter bereiking van ons kort-, medium-, en langtermynoogmerke. Die aktiewe belangstelling, bydraes en medewerking van ouers en ondersteuners in hierdie proses word deur die Direksie aangemoedig en verwelkom. |

