| Prospektus - Voorwoord en Uitnodiging |
|
|
Die Direksie (Opvoedingsraad) wil hiermee graag 'n hartlike uitnodiging rig aan almal wat die saak van Christelik-volkseie Onderwys vir Afrikanerkinders op die hart dra om by ons aan te sluit, sodat ons saam die skool verder kan uitbou. Hierdie prospektus omskryf kortliks die etos en werkswyses van CVO-Skool Pretoria vir voornemende en bestaande ouers van die skool. CVO-Skool Pretoria is geaffilieer by die Beweging vir Christelik-volkseie Onderwys (BCVO). Ons skool is in 1992 as die eerste CVO-Skool opgerig, om Christelik-volkseie opvoeding aan gedoopte kinders van gelowige Christen-Afrikanerouers te bied. Die skool se geloofsgrondslag word bepaal deur die Christelik-Calvinisties-Protestantse geloofsbelydenis, soos verwoord in die Drie Formuliere van Eenheid. Die skool se volkseie grondslag word bepaal deur sy verbondenheid aan die Afrikanervolk, sy geskiedenis en ideale. Die skool bied gehalte-onderrig met persoonlike aandag deur 'n uitstaande professionele korps van toegewyde personeel in afsonderlike klasse vir elke graad, van kleuters tot graad 12. Die norm vir klasgrootte is minder as 30 leerlinge per klas. Die skool moedig selfwerksaamheid aan en pas dit waar moontlik toe deur die onderhoud en uitbreiding van die terrein en skoolgeboue deur volkseie arbeid van die kinders en ouers self. Almal wat die belange van ons skool op die hart dra en ons wil ondersteun, word hartlik uitgenooi om aan te sluit by ons baie aktiewe kring van "Vriende van CVO-Skool Pretoria". Bydraes by wyse van skenkings en debietorders ook om minder bevoorregte volksgenote in staat te stel om hulle kinders 'n behoorlike CVO opvoeding te gee word baie hoog op prys gestel. Skakel gerus met die Direksie, die Maatskappybestuurder, Skoolhoof, of onderwyspersoneel as u enige verdere inligting verlang of aansoek wil doen om toelating. Uitgereik namens |


