Graad 8 en 9
In gr. 8 en 9 het die leerlinge slegs verpligte vakke.
- VAKKE (Graad 8 en 9)
Elke dag begin met Wyding.
- Verpligte bevorderingsvakke
- Bybelonderrig
- Afrikaans
- Engels
- Natuurwetenskap (Wetenskap en Biologie)
- Wiskunde
- Sosiale Wetenskap (Geskiedenis en Aardrykskunde)
- Tegnologie
- Ekonomiese Bestuurswetenskap (Rekeningkunde, Ekonomie en Bedryfsekonomie)
- Christelike Lewensoriëntering
Graad 10, 11 en 12.
By die maak van vakkeuses vir grade 10, 11 en 12 moet vakke so gekies word dat dit inpas by BCVO vakversamelings soos dit in die Handleiding Vir Sekondêre Onderwys voorgeskryf word.
- STUDIERIGTINGS
Alle keusevakke word ten opsigte van hul aard in studierigtings gegroepeer. Die wese van 'n studierigting word bepaal deur ten minste twee vakke wat onder die spesifieke studierigting tuishoort. Ons skool bied die volgende studierigtings aan: - Natuurwetenskaplike Studierigting:
Die kombinasie Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Inligtingstegnologie is eie aan die studierigting. - Algemene Studierigting:
Vakversamelings in hierdie studierigting is algemeen van aard en bevat nie kombinasies van vakke wat eie aan 'n bepaalde studierigting is nie. - Handel Studierigting:
Rekeningkunde
Rekenaartoepassingstegnologie
Ekonomie
- VAKKE
Verpligte bevorderingsvakke - Afrikaans (Eerste Taal)
- Engels (Tweede Taal)
- Bybelonderrig
- Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid
- Christelike Lewensoriëntering
Keusevakke (eksamenvakke) - Fisiese Wetenskap (Natuur- en Skeikunde)
- Lewenswetenskap (Biologie)
- Ingenieursgrafika en ontwerp (Tegniese Tekene)
- Rekeningkunde
- Inligtingstegnologie (Rekenaarstudie) (Na ure)
- Rekenaartoepassingstegnologie
- Ekonomie
- Geografie (Aardrykskunde)
- Elektriese Tegnologie
LW: Hierdie keusevakke word aangebied binne die voorgeskrewe vakversamelings soos deur die eksamenraad bepaal. Die volledige lys vakversamelings is by die skool beskikbaar. Die aanbied van 'n keusevak sal weer eens afhang van die aanvraag daarvoor. Bybelonderrig word in berekening gebring vir die berekening van 'n leerling se gemiddeld. - LEERLINGE WAT MEER AS DIE VOORGESKREWE VAKKE NEEM
Leerlinge mag meer as die voorgeskrewe vakke aanbied, maar dit sal op eie verantwoordelikheid en buite skoolure gedoen word. Punte in hierdie vakke moet aan die skool voorsien word. Punte van hierdie vakke word nie gebruik vir die berekening van die leerling se gemiddeld nie.