|
Mnr. Willie van Rensburg: Skoolhoof van CVO Skool Pretoria vanaf Januarie 2006
Kort loopbaanskets:
Willie van Rensburg het in 1972 die THOD [4 jaar] aan POK verwerf en daarna BA aan Unisa en B Ed aan die PU vir CHO. As student was hy betrokke in die verenigingslewe.
As onderwyser sedert 1973 was hy by HTS Springs, Volksskool Potchefstroom, Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Generaal Hertzog te Witbank, ook by verskeie buite kurrikulêre aktiwiteite betrokke. As lid van die skoolbestuur by Hoërskool Generaal Hertzog kon Willie daarin slaag om die departement Gesteswetenskappe suksesvol te laat funksioneer. Deur gesonde menseverhoudinge en deelname het personeel tot voordeel van die leerlinge saamgewerk.
Willie is bekend daarvoor dat hy groot klem plaas op gesonde dissipline sonder om militaristies te wees omdat dit die basis vorm vir suksesvolle leer/onderrig. Sedert 1996 het hy as hoof van CVO Vivo en daarna Waterbergskool vir CVO daarin geslaag om die skole doeltreffend te bestuur en die matrikulante van beide skole was in die tydperk, veral op akademiese gebied uitblinkers.
Op kerklike gebied het hy gedien as ouderling en was vir ‘n tydperk ook skriba van die kerkraad. Willie was ‘n lid van die Verkennersbeweging en het as voorsitter gedien. Hy is ook lid van VCHO en was ook lid van Bybel en Volk en die Afrikaner-Volkswag. Hy het ook as geleentheidsspreker vir Aksie Vrouekrag[Naboomspruit] opgetree.
Met meer as dertig jaar onderwyservaring en die besef dat onderwys op ‘n gereformeerde grondslag vanuit Afrikanerperspektief vir ons volk se kinders noodsaaklik is, glo hy dat hy nog deur die genade van die Here, ‘n verskilmakende bydae kan lewer.
Akademiese Kwalifikasies:
- THOD : Potchefstroomse Onderwyskollege 1972 Skoolbiblioteekwese
- BA : Universiteit van Suid Afrika 1977 Aardrykskunde III, Geskiedenis III, Staatsleer I, Volkereg, Opvoedkunde I, Afrikaans I
- B.Ed : PU vir CHO 1986 Onderwyskunde en Onderwysmediakunde
Loopbaangeskiedenis:
- Onderwyser in diens van die TOD 1973 tot 1996 Hoër Tegniese Skool Springs, Potchefstroom Volkskool, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Generaal Hertzog Witbank · Vakke onderrig: Aardrykskunde (Graad 8 – 12) en Geskiedenis (Graad 8 – 10) ·
- Departementshoof aan Hoërskool Generaal Hertzog 1987 – 1996 · Aanspreeklik vir Geesteswetenskappe: Aardrykskunde, Duits, Musiek, Kuns, Bybelkunde en Mediasentrum
- Oorhoofse beheer oor Mediasentrum· Voer beheer oor skoolvoertuie · Verantwoordelik vir bepaling van busroetes · Oefen beheer uit oor kopieërmasjiene van skool · Aankoop en beheer van verbruikbare voorraad van skool
- Skoolhoof CAP Dendron 1995
- Skoolhoof CVO Skool Vivo 1996 – 1999
- Skoolhoof Waterbergskool vir CVO Nylstroom 2000 – 2005
- Nasiener in verskeie Matriekeksamens vir Aardrykskunde
- Manuskripkeurder vir Aardrykskunde
- Senior diensdoenende onderwyser in koshuis 1988 – 1992
Buitemuurse Aktiwiteite:
- Atletiek: Rig middelafstandatlete af en deurloop ook ‘n afrigterskursus
- Hokkie: Rig eerste spanne af te Potchefstroom Volkskool en Potchefstroom Gimnasium. Woon afrigtingsgeleenthede by te Witrivier en Potchefstroom Rugby: Rig derde en vierde spanne af aan Hoërskool Generaal Hertzog Afrigting van atletiek en rugby te Waterbergskool vir CVO en CVO Vivo Ander werkservaring Klerk in die Standard Bank van SA Bpk, Sasolburg 1966 – 1968
Gemeenskapsbetrokkenheid:
- Dien as ouderling te Witbank, Dendron en Naboomspruit
- Voorsitter van Verkennersbeweging te Witbank
- Lid van Vereniging Bybel en Volk Lid van Geloftefeeskommissie te Witbank
Ons almal (ouers, onderwysers en leerlinge) sien reeds met groot waardering watter groot bydrae mnr van Rensburg, met sy uitgebreide ervaring in die onderwys en professionele benadering, ook hier by CVO Skool Pretoria lewer.
|