|
CVO Pretoria Hoofdogter van 2007 presteer
 |
Annerie van Tonder, oudleerling en hoofdogter van 2007 van CVO Pretoria het Woensdagaand, 6 Mei 2009 ‘n goue medalje en ‘n kontantprys verwerf by Tukkies vir die beste presteerder in mediese tegnologie (Latyn en Grieks) by die Departement Klassieke Tale.
Donderdagaand het sy ‘n toekenning gekry as een van die eerstejaar studente wat bo 80% vir haar eerstejaar behaal het.
|
|
|
Laas Opdateer ( Woensdag, 22 Julie 2009 23:04 )
|
|
Matriek Uitslae 2008
Ons is baie dankbaar dat ons matrieks goed presteer het. Die 19 matrikulante het altesaam 26 onderskeidings behaal.
- Rachelle Derksen - 6 onderskeidings,
- Anne Thiart - 5 onderskeidings,
- Edwin van Aarde 3 onderskeidings.
Die volgende leerlinge het elk 2 onderskeidings behaal: Helena Erasmus, Martin van Nieuwkoop, Cornelis Legemaat.
Die volgende leerlinge het elk 1 onderskeiding behaal: Jurie Hayes, Fiona Kleynhans, Fouche Schoeman, Alexa Swart, Pieter Swart, Natasha Wolfaardt |
|
Laas Opdateer ( Maandag, 11 Mei 2009 23:19 )
|
|
Donderdag, 31 Julie 2008 00:00 |
|
CVO Pretoria Hoofseun 2008 presteer
 |
Martin van Nieuwkoop, Hoofseun van CVO Pretoria, het uitsonderlike prestasies by die afgelope BCVO Winterspele behaal. CVO skole vanoor die hele land neem deel aan hierdie toernooi wat jaarliks aangebied word. Martin is verkies tot die Nasionale Span, en is ook aangewys as die Beste Voorspeler asook die Beste speler van die Reeks. |
|
|
Vrydag, 25 Julie 2008 00:00 |
|
Oudleerling van CVO Pretoria presteer
Dr. Wim van Tonder, oudleerling van CVO Pretoria, het met sy gradeplegtigheid die Absa-toekenning ontvang. Hierdie toekenning is verwerf vir die hoogste gemiddeld in die klas oor die 6 jaar se studies (80.5%), d.w.s. vir die beste voorgraadse prestasie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. |
|
Vrydag, 18 Julie 2008 00:00 |
|
CVO Pretoria Hoofdogter van 2005 presteer
 |
Marinéll de Bruin, hoofdogter van CVO Pretoria 2005, presteer uitstekend aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom. Marinéll studeer BSc Gesondheidswetenskappe en het in haar eerste en tweede jare 'n gemiddeld van meer as 80% behaal. Ook het sy in 2007 in 13 van 15 vakke onderskeidings behaal. Vanjaar is sy uitgenooi om lid te word van die Golden Key International organisasie, waaraan slegs die beste 15% akademici van universiteite wêreldwyd kan behoort. |
|
|
Laas Opdateer ( Maandag, 11 Mei 2009 22:49 )
|
|
Vrydag, 25 Januarie 2008 00:00 |
|
Weer puik uitslae vir CVO Pretoria einde 2007!
Die beste presteerder in BCVO is Annerie van Tonder van ons skool met AGT onderskeidings! Annerie se gemiddeld was 91.1%. Walter Grant het vyf en Manie Potgieter het vier onderskeidings verwerf. Ander leerlinge wat onderskeidings behaal het, is Pieter de Villiers, Charlize van Eeden, Elbert Eksteen en Fanie van Zyl. Baie geluk ook aan al ons ander matrikulante wat baie goed presteer het en gesorg het dat CVO Pretoria kan spog met 100% slaagsyfer. |
|
Laas Opdateer ( Maandag, 11 Mei 2009 22:31 )
|
|
|
<< Begin < Vorige 1 2 Volgende > Einde >>
|
|
Bladsy 2 van 2 |