Oudleerlinge van CVO Pretoria presteer

Ingenieurstudente van die Universiteit van Pretoria moet aan die begin van die jaar geletterdheidstoetse aflê. Indien hulle die toetse slaag, word hulle toegelaat tot die Innovasie-projek.

Ongeveer 800 Eerste jaar Ingenieurstudente het deelgeneem aan die Innovasie-projek en ongeveer 200 projekte is geëvalueer. Die 15 top projekte word gekies waarna keurders van verskillende groot organisasies die finale beoordeling gedoen het.

Edwin_Innovasie_Projek Edwin van Aarde (CVO Skool Pretoria) en Andre Malan (CVO Brakpan) het 'n derde plek behaal met 'n waentjie om voerbale vinniger en makliker op te laai en te vervoer.

Hulle is ook uitgenooi om hulle waentjie in 2010 by Nampo uit te stal.
Martin_Innovasie_Projek Martin van Nieuwkoop (CVO Skool Pretoria) was in die vierde plek met 'n instrument om swaar voorwerpe maklik alleen op ‘n bakkie en weer af te laai. Een persoon kan een ton op- en aflaai.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

LAST_UPDATED2