Ons Nuus
Afrikanerkultuur Dagboek 2010
Dagboek 2010
Opgedateer ( Dinsdag, 10 November 2009 22:56 )
 
Afrikanerkultuur Dagboek 2010 - Detail

 

Die Afrikanerkultuurdagboek 2010, opgestel deur Inge le Roux, is nou weer beskikbaar.

Dagboek_2010_500x348

Kontak vir Inge by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of telefonies by 083 453 5400 vir bestellings of verdere navrae.

Kyk ook gerus na Potkos en Braaikos!

Opgedateer ( Woensdag, 11 November 2009 00:05 )
 
Potkos en Braaikos - Detail

 

Potkos_2010_300x366 Braaikos_2010_300x398

Kontak gerus vir Inge by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of telefonies by 083 453 5400 vir bestellings of verdere navrae.

Opgedateer ( Dinsdag, 10 November 2009 23:39 )
 
Kleuterklas

KleuterklasOns skool voorsien 'n Kleuterklas en kleuters van 3 jaar en ouer is hartlik welkom. Die Kleuterklas word tans 3 dae per week bedryf.

Opgedateer ( Dinsdag, 12 Januarie 2010 23:31 )
 
Ouma- en Oupadag 2009

Op 1 September 2009 het die kinders van Junior Primêre Fase van CVO Pretoria  hul Oumas en Oupas bederf met 'n Ouma- en Oupadag. Oumas en Oupas is getrakteer met 'n spreekkoor, voordrag en voorlesing deur die kinders. Natuurlik was daar ook lekker eetgoed om hierdie lekker geselligheid mee af te sluit! Dit was vir groot en klein heerlik om hierdie dag saam deur te bring.

oupa_en_oumadag2009 JPF_spreekkoor2009
Opgedateer ( Donderdag, 05 November 2009 23:34 )
 
Oudleerlinge van CVO Pretoria presteer

Edwin van Aarde en Martin van Nieuwkoop, oudleerlinge van CVO Pretoria, het onlangs puik presteer met die Universiteit van Pretoria se Innovasie-projek.

Opgedateer ( Maandag, 09 November 2009 23:41 )
Lees meer...
 
Afrikaanse gedigte van CVO Pretoria leerlinge word publiseer

Afrikaanse gedigte, geskryf deur Mardonet Coetzee (Ons land en Egskeiding) en Andrea Lexow (Aan jou), is deur die GHA gekies om opgeneem te word in die digbundel "Die Wonder van Afrikaans".

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het in 2009 'n gedigtekompetisie vir leerlinge geloods. 'n Totaal van 380 gedigte is ingeskryf waarvan die beste gedigte in die digbundel opgeneem word. Altesaam 108 leerlinge van 38 hoërskole en 162 leerlinge van 40 laerskole het landwyd deelgeneem.

 


Opgedateer ( Dinsdag, 10 November 2009 00:12 )
 

Sentraal Skaak uitdunne te Greylingstad

Skaakpresteerders2009 Op Saterdag 22 Augustus 2009 het die Sentraal streek uitdunne plaasgevind te Greylingstad vir die landswye skaak wat gaan plaasvind DV op 11 September 2009 te Nylstroom.

Dit het goed gegaan met CVO Pretoria se skaakspelers en hulle het heelwat van die afdelings gewen. Baie geluk en baie dankie aan mev. du Toit vir onbaatsugtige toewyding aan ons kinders.

Opgedateer ( Donderdag, 05 November 2009 23:28 )
 

Gr 8 Veldskool


Die graad 8’s het ‘n wonderlike veldskool deurleef op oom Herman Victor se plaas in die Thabazimbi omgewing. Kyk na die foto’s om so ietsie te beleef van ‘n onvergeetlike ervaring.
Opgedateer ( Donderdag, 27 Augustus 2009 22:58 )
 
<< Begin < Vorige 1 2 Volgende > Einde >>

Bladsy 1 van 2