|
Afrikaanse gedigte van CVO Pretoria leerlinge word publiseer |
|
Maandag, 09 November 2009 00:00 |
|
Afrikaanse gedigte, geskryf deur Mardonet Coetzee (Ons land en Egskeiding) en Andrea Lexow (Aan jou), is deur die GHA gekies om opgeneem te word in die digbundel "Die Wonder van Afrikaans".
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het in 2009 'n gedigtekompetisie vir leerlinge geloods. 'n Totaal van 380 gedigte is ingeskryf waarvan die beste gedigte in die digbundel opgeneem word. Altesaam 108 leerlinge van 38 hoërskole en 162 leerlinge van 40 laerskole het landwyd deelgeneem.
|
|
|