Donderdag, 31 Julie 2008 00:00

CVO Pretoria Hoofseun 2008 presteer

Martin van Nieuwkoop Martin van Nieuwkoop, Hoofseun van CVO Pretoria, het uitsonderlike prestasies by die afgelope BCVO Winterspele behaal. CVO skole vanoor die hele land neem deel aan hierdie toernooi wat jaarliks aangebied word. Martin is verkies tot die Nasionale Span, en is ook aangewys as die Beste Voorspeler asook die Beste speler van die Reeks.