|
Vrydag, 18 Julie 2008 00:00 |
|
CVO Pretoria Hoofdogter van 2005 presteer
 |
Marinéll de Bruin, hoofdogter van CVO Pretoria 2005, presteer uitstekend aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom. Marinéll studeer BSc Gesondheidswetenskappe en het in haar eerste en tweede jare 'n gemiddeld van meer as 80% behaal. Ook het sy in 2007 in 13 van 15 vakke onderskeidings behaal. Vanjaar is sy uitgenooi om lid te word van die Golden Key International organisasie, waaraan slegs die beste 15% akademici van universiteite wêreldwyd kan behoort. |
|