Vrydag, 25 Januarie 2008 00:00

Weer puik uitslae vir CVO Pretoria einde 2007!

Die beste presteerder in BCVO is Annerie van Tonder van ons skool met AGT onderskeidings! Annerie se gemiddeld was 91.1%. Walter Grant het vyf en Manie Potgieter het vier onderskeidings verwerf. Ander leerlinge wat onderskeidings behaal het, is Pieter de Villiers, Charlize van Eeden, Elbert Eksteen en Fanie van Zyl. Baie geluk ook aan al ons ander matrikulante wat baie goed presteer het en gesorg het dat CVO Pretoria kan spog met 100% slaagsyfer.