Vrydag, 25 Julie 2008 00:00

Oudleerling van CVO Pretoria presteer

Dr. Wim van Tonder, oudleerling van CVO Pretoria, het met sy gradeplegtigheid die Absa-toekenning ontvang. Hierdie toekenning is verwerf vir die hoogste gemiddeld in die klas oor die 6 jaar se studies (80.5%), d.w.s. vir die beste voorgraadse prestasie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.