Leerlinge Nuus
CVO Pretoria brei uit!
Donderdag, 12 Januarie 2012 00:00

Ouers en personeel is hard aan die werk om aan die behoeftes vir 'n babaklas en koshuis fasiliteite vir CVO Pretoria te voorsien.

Daar vind groot verskuiwings in die skool plaas tussen verskillende vertrekke en pragtige vernuwing is op pad soos wat daar gereedgemaak word vir die nuwe babasorgafdeling. Navrae in verband hiermee kan gerig word aan die Maatskappysekretaris.

Mev. Rina van Tonder is besig om CVO Pretoria se koshuis op die been te bring te Kleinfontein, waarna dit na 3 maande sal verskuif na 'n plot naby die skool wat tans in gereedheid gebring word. Navrae kan direk aan Mev. van Tonder gerig word by 0837784605.

Indien u van die volgende items oortollig het, oorweeg asb.om dit vir ons CVO Koshuis te skenk!
Beddens / stapelbeddens, linne, lessenaars, sitkamermeubels, yskas, vrieskas, skottelgoed, messegoed, grassnyer, tuingereedskap, besems, moppe en emmers.

 
Matriekuitslae 2011
Woensdag, 11 Januarie 2012 00:00

CVO Skool Pretoria het 12 matrieks gehad wat die ERCO Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen aan die einde van 2011 afgelê het.

10 van die 12 leerlinge kan verder studeer, waarvan 6 toelating tot graadstudie verwerf het. Saam het hulle 12 onderskeidings ingeoes.

Hannes van Wyk is die beste presteerder met 7 onderskeidings (Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, Geografie, Christelike Lewensoriëntering). Hy deel die hoogste gemiddeld in BCVO en deel ook 'n BCVO-trofee vir die Beste presteerder landswyd. Hy het ook die Wally Grant trofee verwerf vir Fisiese Wetenskap. Hy is die beste presteerder in Rekeningkunde in BCVO landswyd en verwerf die Treoc.com trofee, asook die TGIS-trofee vir beste presteerder in Geografie. Hannes was CVO Skool Pretoria se Dux-Leerling vir 2011. Hy het sy hele Hoërskoolloopbaan 'n gemiddeld van 90% en hoër behaal. HvanWyk
Braam Swart het drie onderskeidings behaal (Engels Eerste Addisionele Taal, Geografie, Christelike Lewensoriëntering).
BSwart
Surene Janse van Vuuren en Paule-Mari Uys het elk een onderskeiding behaal.
 
BCVO Glansgeleentheid 2010
Donderdag, 03 Februarie 2011 22:57

Die jaarlikse BCVO Glansgeleentheid is op Saterdag, 8 Januarie 2011 gehou. CVO leerlinge wat die beste in vakke presteer het, het tydens die geleentheid erkenning gekry.

Die beste presteerder was Petra Legemaat en het die BCVO-trofee gewen. Sy deel met 2 ander BCVO leerlinge ook die Dinamika Makelaarstrofee vir die hoogste punt in Wiskunde. Cassien Harmsen het die TGIS-trofee ontvang vir die hoogste punt in Geografie. TGIS het ook 'n padvinder (GPS) en tjek aan hom oorhandig.
BCVO_Petra_Legemaat BCVO_Cassien_Harmse
Petra het ook die GHA-trofee vir die hoogste punt in Afrikaans Moedertaal, Wally Granttrofee vir Fisiese Wetenskap, Treoc.comtrofee vir Rekeningkunde ontvang. Treoc.com het ook 'n seminaar en twee trusts ter waarde van R10 000 aan Petra geskenk. Sy het verder ook sertifikate gekry vir die hoogste punt in Wiskunde Vraestel 3 en Christelike Lewensorientering.
Willem van Nieuwkoop het die Solidariteittrofee ontvang vir die hoogste punt in Elektriese Tegnologie. (Geen foto beskikbaar)
 
Matriekuitslae 2010
Woensdag, 12 Januarie 2011 21:54

CVO Pretoria spog weereens met 'n 100% slaagsyfer!

Die beste presteerder was Petra Legemaat met 5 onderskeidings (Afrikaans, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde en Christelike Lewensoriëntering).

Frans-Mari Scheepers het 2 onderskeidings (RTT en CLO). Cassien Harmse (Geografie), Cornell Swart (CLO) en Willem van Nieuwkoop (Wiskunde) het elk 1 onderskeiding.

 
Oudleerlinge van CVO Pretoria presteer
Maandag, 09 November 2009 00:00

Edwin van Aarde en Martin van Nieuwkoop, oudleerlinge van CVO Pretoria, het onlangs puik presteer met die Universiteit van Pretoria se Innovasie-projek.

Lees meer...
 
Afrikaanse gedigte van CVO Pretoria leerlinge word publiseer
Maandag, 09 November 2009 00:00

Afrikaanse gedigte, geskryf deur Mardonet Coetzee (Ons land en Egskeiding) en Andrea Lexow (Aan jou), is deur die GHA gekies om opgeneem te word in die digbundel "Die Wonder van Afrikaans".

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het in 2009 'n gedigtekompetisie vir leerlinge geloods. 'n Totaal van 380 gedigte is ingeskryf waarvan die beste gedigte in die digbundel opgeneem word. Altesaam 108 leerlinge van 38 hoërskole en 162 leerlinge van 40 laerskole het landwyd deelgeneem.

 


 
Donderdag, 27 Augustus 2009 00:00

Sentraal Skaak uitdunne te Greylingstad

Skaakpresteerders2009 Op Saterdag 22 Augustus 2009 het die Sentraal streek uitdunne plaasgevind te Greylingstad vir die landswye skaak wat gaan plaasvind DV op 11 September 2009 te Nylstroom.

Dit het goed gegaan met CVO Pretoria se skaakspelers en hulle het heelwat van die afdelings gewen. Baie geluk en baie dankie aan mev. du Toit vir onbaatsugtige toewyding aan ons kinders.

 
Donderdag, 27 Augustus 2009 00:00

Gr 8 Veldskool


Die graad 8’s het ‘n wonderlike veldskool deurleef op oom Herman Victor se plaas in die Thabazimbi omgewing. Kyk na die foto’s om so ietsie te beleef van ‘n onvergeetlike ervaring.
 
Engelse gedig van CVO Pretoria leerling word publiseer
Woensdag, 26 Augustus 2009 00:00
Lee-Ann Olivier

'n Engelse gedig, Last Breath, geskryf deur Lee-Ann Olivier (Gr 12), is opgeneem in Resolute Rendition - 'n publikasie van die Poetry Institute of Africa.


Lees meer...
 
<< Begin < Vorige 1 2 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL