| Beeld, 8 Maart 2011 |
|
Christen-skolebeweging
|
Vra hofbevel
|
beleidswet verklaar het, nie vir hulle bindend is nie omdat dit nié wetgewing, regulasies of reëls is nie. Dit geld ook die nasionale beleid oor godsdiens en onderwys. Die applikante wil ook ‘n bevel kry dat daar tans geen bindende nasionale kurrikulumstelling of ‘n nasionale proses en prosedures vir die evaluering van leerlinge se prestasies bestaan nie. Hulle voer aan dat as die minister reg is in haar siening dat die kurrikulumstelling en beleid oor godsdiens en onderwys bindend vir hulle is, dit hulle regte skend soos verskans in die Handves van Regte in die grondwet. Die applikante se aansoek is ook teen die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (Saqa), Umalusi, die raad vir gehalte versekering in algemene en verder onderwys en opleiding, en Hoër Onderwys Suid Afrika (Hesa). Adv. S.j. du Plessis SC het gister namens die applikante aan- |
gevoer die minister misken ouers se internasionale erkende basiese reg om die onderwys te kies wat hulle in hulle kinders se belang ag. Luidens hofstukke is uitkomsgerigte onderwys (UGO) as voorgeskrewe onderrigmetode op opvoedkundige gronde ook vir van die applikante onaanvaarbaar, veral wat betref die metodiek en standaarde. “Die applikante se saak is dat die kurrikulumstelling en die beleid oor godsdiens en onderwys in belangrike opsigte bots met fundamentele beginsels wat uit die applikante se gereformeerde geloofsopvatting spruit”. Volgens die applikante moet hulle weet of die wetgewing soos dit tans geformuleer is, in gemelde wette en regerings-kennisgewings vereis dat hulle skool moet hou met ‘n inhoud en volgens ’n metode wat die minister voorskryf. Die saak voor regter Cynthia Pretorius duur vandag voort. |
| Hierdie berig is woordeliks oorgetik vanaf die oorspronklike |


