CVO Skool Pretoria, Christelike Volkseie Onderwys
CVO Pretoria brei uit!

Ouers en personeel is hard aan die werk om aan die behoeftes vir 'n babaklas en koshuis fasiliteite vir CVO Pretoria te voorsien.

Daar vind groot verskuiwings in die skool plaas tussen verskillende vertrekke en pragtige vernuwing is op pad soos wat daar gereedgemaak word vir die nuwe babasorgafdeling. Navrae in verband hiermee kan gerig word aan die Maatskappysekretaris.

Mev. Rina van Tonder is besig om CVO Pretoria se koshuis op die been te bring te Kleinfontein, waarna dit na 3 maande sal verskuif na 'n plot naby die skool wat tans in gereedheid gebring word. Navrae kan direk aan Mev. van Tonder gerig word by 0837784605.

Indien u van die volgende items oortollig het, oorweeg asb.om dit vir ons CVO Koshuis te skenk!
Beddens / stapelbeddens, linne, lessenaars, sitkamermeubels, yskas, vrieskas, skottelgoed, messegoed, grassnyer, tuingereedskap, besems, moppe en emmers.

 
Beeld, 8 Maart 2011 Afdruk

Christen-skolebeweging pak onderwysminister

Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys (BCVO) en verskeie partye het met ’n hof-stryd teen die minister van onderwys begin om ’n bevel te probeer kry dat die nasionale kurrikulum en die nasionale beleid oor godsdiens en onderwys nie vir hulle bindend is nie ...
Lees meer...
 
U.G.O. en C.V.O. Afdruk
Uitkoms Gebaseerde Onderwys en Christelike Volkseie Onderwys is twee teenoorstaande onderwysmodelle in die RSA.

Omvattende inligting rakende hierdie onderwysmodelle word deur Prof JJ Pienaar, en Prof CJJ Basson gedokumenteer.
 
Sonskynlaggies Kleuterklas

Sonskynlaggies Kleuterklas is 'n kleuterklassie
vir kleuters van 3 jaar en ouer en word 4 dae per week, vanaf Maandag tot Donderdag bedryf.

 
Matriekuitslae 2011 Afdruk

CVO Skool Pretoria het 12 matrieks gehad wat die ERCO Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen aan die einde van 2011 afgelê het.

10 van die 12 leerlinge kan verder studeer, waarvan 6 toelating tot graadstudie verwerf het. Saam het hulle 12 onderskeidings ingeoes.

Hannes van Wyk is die beste presteerder met 7 onderskeidings (Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, Geografie, Christelike Lewensoriëntering). Hy deel die hoogste gemiddeld in BCVO en deel ook 'n BCVO-trofee vir die Beste presteerder landswyd. Hy het ook die Wally Grant trofee verwerf vir Fisiese Wetenskap. Hy is die beste presteerder in Rekeningkunde in BCVO landswyd en verwerf die Treoc.com trofee, asook die TGIS-trofee vir beste presteerder in Geografie. Hannes was CVO Skool Pretoria se Dux-Leerling vir 2011. Hy het sy hele Hoërskoolloopbaan 'n gemiddeld van 90% en hoër behaal. HvanWyk
Braam Swart het drie onderskeidings behaal (Engels Eerste Addisionele Taal, Geografie, Christelike Lewensoriëntering).
BSwart
Surene Janse van Vuuren en Paule-Mari Uys het elk een onderskeiding behaal.
 
<< Begin < Vorige 1 2 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL