Diefstal van die hart en verstand van ons kinders Afdruk

Hier volg 'n paar voorbeelde van materiaal in staatskoolboeke wat vyandig Afrikanerkinders se Christelike godsdiensopvoeding afbreek, asook soortgelyk volk- en kultuurvyandig ontvanklike kinders se gemoed met politieke heropvoeding besoedel:

Bladsy 1 | Bladsy 2 | Bladsy 3 | Bladsy 4.

'n Voorbeeld van opsweping teen 'wit mense' oor grondbesit is in Aug 2006 op poslyste gepubliseer. Daarin word die geskiedenis verdraai en ons voorgeslag na verwysing na die "Grondgebiedewet van 1913" en wanvoorstellings van ons geskiedenis bestempel as "gierig en selfsugtig".

Dr Roodt skryf na aanleiding hiervan op 'n poslys:

"Dit is natuurlik uit en uit propaganda. Interessant is dat die skoolhandboek gebruik word in 'n poging om die kind teen sy eie ouers te draai; hierdie soort ding was natuurlik algemeen onder Stalin met die verhaal van Pawlek Marosow wat aan alle skoolkinders geleer is."

'n DVD met 'n meer volledige uiteensetting is by die kantoor beskikbaar.