|
Algemene Inligting
CVO Skool Pretoria se Baba- en Peuterklas open Januarie 2012. Ons ideaal is om u kind altyd eerste te stel en om so 'n tweede tuiste te bied met Christelike beginsels, toegewyde personeel, ruimte, bome en grasperke.
CVO Skool Pretoria se Baba- en Peuterklas is 'n gespesialiseerde eenheid vir kleingoed tussen drie maande tot ongeveer drie jaar (gekoppel aan kriteria bv. selfstandige toiletroetine, ontwikkeling van kleinding, ens.) en daarna beweeg ons kindertjies aan na ons Graad 00 klas.
1. Taalgebruik
By CVO Skool Pretoria se Baba- en Peuterklas word die kleingoed in Afrikaans opgevoed en onderrig, ooreenkomstig die skool se geloof- en waardesisteem.
2. Registrasie
| 2.1 |
Ouers voltooi en dien die voorgeskrewe aansoekvorm (CVO-PTA-VRM-11) by die kantoor in. |
| 2.2 |
'n Onderhoud word deur die direksie met die ouers gevoer, waarna die direksie die uitsluitlike diskresie het om die babas toe te laat of nie. |
| 2.3 |
Die skool behou die reg voor om in sy uitsluitlike diskresie u 24-uur kennis te gee, indien die skool die diens aan u wil beëindig. |
3. Kennisgewing
Die skool moet voor 09:00 in kennis gestel word van die volgende omstandighede:
| 3.1 |
Enige omstandighede by die huis of by die skool wat die kind se gedrag kan beïnvloed. |
| 3.2 |
Indien die kind vir 'n dag/dae afwesig sal wees. |
| 3.3 |
Enige verandering van adres, telefoonnommer of geneesheer. |
| 3.4 |
EEN KALENDERMAAND SKRIFTELIKE kennis word vereis indien die kind die skool gaan verlaat, anders is een volle maand se skoolgelde betaalbaar. |
| 3.5 |
Indien u kind 'n sielkundige terapeut ens. besoek, versoek ons asseblief dat ook 'n verslag vir die skool aangevra word. |
4. Aanspreeklikheid
Alle voorsorgmaatreëls word getref vir die veiligheid van die kinders. Die skool of personeellede aanvaar geen verantwoordelikheid vir:
| 4.1 |
Enige besering wat u kind oppad, na of van die skool af of gedurende skoolure mag opdoen nie. |
| 4.2 |
Enige optrede van u kind, buite skoolure, wat nog op die skoolterrein is nie. |
| 4.3 |
Alle kinders moet by aankoms in die sorg van 'n personeellid gelaat word. |
| 4.4 |
Kinders moet deur 'n verantwoordelike persoon afgehaal word, soos gereël. |
| 4.5 |
Alle klere en besittings moet duidelik gemerk wees. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore klere, juwele of enige ander besittings nie. |
| 4.6 |
Enige kinders wat deur persone na buitemuurse aktiwiteite bv. swem, gedurende skoolure vervoer word. |
5. Etes
Ouers word gevra om kospakkies te pak vir hul kleingoed. Verkoeling- en verhittings geriewe is beskikbaar.
6. Gesondheid
| 6.1 |
Enige medikasie moet in die medisyne boek in die klas aangeteken word. Die medisyne moet asseblief in die medisynehouer geplaas word en nie net op die tafel of in die tassie gelaat word nie. Geen medikasie sal toegedien word indien dit nie in die boek geskryf is nie. Dit is die ouers se eie verantwoordelikheid om in die middag self die medisyne uit die medisynehouer te gaan haal. |
| 6.2 |
Die skool behou die reg voor om enige ingeskrewe kind toegang te weier terwyl hy/sy ‘n aansteeklike siekte onderlede het. |
7. Skoolure
| 7.1 |
Maandag tot Vrydag: 07:00 tot 17:30. |
| 7.2 |
Naweke, openbare vakansiedae en Desembervakansies is die skool gesluit. |
| 7.3 |
Indien skoolure oorskry word, is 'n boete van R100-00 per kind, per kwartier, dadelik betaalbaar. |
8. Wat kinders moet saambring
Babas:
- A5 hardebandboekie met foto op
- 5 wegdoenbare doeke per dag.
- Plastieksak vir vuil klere.
- 2 stelle skoon klere.
- Voldoende bottels vir die dag en duidelik gemerk.
- Boudjiesalf soos nodig.
- 2 Lapdoeke.
- Hareborsel duidelik gemerk.
- Laphoedjie duidelik gemerk.
- Sorg asseblief dat daar altyd voldoende "wet wipes" is.
- Eie kombersie.
Peuters:
- A5 hardebandboekie met foto op
- Een tassie wat duidelik gemerk is
- Een klein kombersie wat duidelik gemerk is
- Klere indien weer sou verander, bv. trui
- Een laphoedjie wat duidelik gemerk is
- Hareborsel duidelik gemerk
- Sorg asseblief dat daar altyd voldoende "wet wipes" is
- Troetelspeelding vir slaaptyd
- Eie kombersie
9. Skoolgelde
| 9.1 |
Skoolgelde is maandeliks vooruitbetaalbaar en moet voor of op die 5de van elke maand betaal word. Geen afslag word gegee in die geval van siekte, vakansie of gedeelte van 'n maand nie. |
| 9.2 |
Die skool behou die reg voor om enige kind toegang te weier indien skoolgelde nie by die 10de van die maand betaal is nie. |
| 9.3 |
'n Nie-terugbetaalbare fooi van R500 jaarliks is betaalbaar - reëling vir afbetaling oor drie paaiemente is ook beskikbaar. |
10. Fooie
| 10.1 |
Maandlikse fooi van R 1 800,00 per kind. |
| 10.2 |
Dagfooi van R 100,00 per kind. |
| 10.3 |
Nie-terugbetaalbare jaarlikse bedryfsfooi van R500 per jaar. |
| 10.4 |
Let asseblief daarop dat voorkeur gegee word aan maandelikse inskrywings. |
11. Sekuriteit en Parkering
| 11.1 |
Alle besoekers moet asseblief by die kantoor aanmeld. |
| 11.2 |
Indien vreemde persone 'n kind kom afhaal, moet dit asseblief in die boodskapboek aangeteken word of deur die kantoor gedoen word. |
| 11.3 |
Maak asseblief ALLE hekke agter u toe en moet NOOIT ander kinders sonder hulle ouers se toesig saam met u uitlaat nie. |
| 11.4 |
Hou asseblief u kind/ers se handjie vas indien u by die hek uitgaan, aangesien dit gevaarlik is op die parkeerterrein tussen ander motors en bewegende motorhekke. Die kleingoed kan nie altyd tussen die motors gesien word nie. |
| 11.5 |
Ry asseblief stadig wanneer u by die hekke inkom, aangesien daar kleingoed op die terrein is |
| 11.6 |
Inritte en parkering word op eie risiko gebruik en CVO Skool Pretoria en/of sy personeel aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige insident of skade wat mag voortspruit uit so 'n voorval nie. |
Kontak Besonderhede:
Kantoor: 083 636 6070 / 083 636 6098 Onderwyseres: 079 897 1943 (mev. Elmie van Jaarsveld)
|