CVO Pretoria vir Christelike Volkseie Onderwys

Trots op ons taal, ons kultuur en ons geloof!   Gedenkkarnaval
 
Trapsoetjies Baba- en Peuterklas

babaseuntjie CVO Pretoria se Baba- en Peuterklas, Trapsoetjies, het Januarie 2012 geopen met die ideaal om u kind altyd eerste te stel en so 'n tweede tuiste te bied met Christelike beginsels, toegewyde personeel, ruimte, bome en grasperke. Hierdie is 'n gespesialiseerde eenheid waar kleingoed tussen drie maande en drie jaar verseker kan wees van persoonlike aandag en 'n daaglikse stimulasieprogram in klein groepies. babadogtertjie

 
Matriekuitslae 2011

CVO Skool Pretoria het 12 matrieks gehad wat die ERCO Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen aan die einde van 2011 afgelê het.

10 van die 12 leerlinge kan verder studeer, waarvan 6 toelating tot graadstudie verwerf het. Saam het hulle 12 onderskeidings ingeoes.

Hannes van Wyk is die beste presteerder met 7 onderskeidings (Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, Geografie, Christelike Lewensoriëntering). Hy deel die hoogste gemiddeld in BCVO en deel ook 'n BCVO-trofee vir die Beste presteerder landswyd. Hy het ook die Wally Grant trofee verwerf vir Fisiese Wetenskap. Hy is die beste presteerder in Rekeningkunde in BCVO landswyd en verwerf die Treoc.com trofee, asook die TGIS-trofee vir beste presteerder in Geografie. Hannes was CVO Skool Pretoria se Dux-Leerling vir 2011. Hy het sy hele Hoërskoolloopbaan 'n gemiddeld van 90% en hoër behaal. HvanWyk
Braam Swart het drie onderskeidings behaal (Engels Eerste Addisionele Taal, Geografie, Christelike Lewensoriëntering).
BSwart
Surene Janse van Vuuren en Paule-Mari Uys het elk een onderskeiding behaal.
 
Beeld, 8 Maart 2011

Christen-skolebeweging pak onderwysminister

Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys (BCVO) en verskeie partye het met ’n hof-stryd teen die minister van onderwys begin om ’n bevel te probeer kry dat die nasionale kurrikulum en die nasionale beleid oor godsdiens en onderwys nie vir hulle bindend is nie ...
Lees meer...
 
U.G.O. en C.V.O.
Uitkoms Gebaseerde Onderwys en Christelike Volkseie Onderwys is twee teenoorstaande onderwysmodelle in die RSA.

Omvattende inligting rakende hierdie onderwysmodelle word deur Prof JJ Pienaar, en Prof CJJ Basson gedokumenteer.
 
Sonskynlaggies Kleuterklas

Sonskynlaggies Kleuterklas is 'n kleuterklassie
vir kleuters van 3 jaar en ouer en word 4 dae per week, vanaf Maandag tot Donderdag bedryf.

 
Diefstal van die hart en verstand van ons kinders
Hier volg 'n paar voorbeelde van materiaal in staatskoolboeke wat vyandig Afrikanerkinders se Christelike godsdiensopvoeding afbreek, asook soortgelyk volk- en kultuurvyandig ontvanklike kinders se gemoed met politieke heropvoeding besoedel:

Bladsy 1 | Bladsy 2 | Bladsy 3 | Bladsy 4.

Lees meer...